EMR-Aksiedag, 21 April 2013

Die wêreldwye EMR-Aksiedag val saam met Aardedag 2017 om die biologiese integriteit van die natuurlike wêreld en al sy bewoners teen onnatuurlike Elektromagnetiese Radiasie (EMR) te beskerm. Deur hierdie aksie span mense van oral op die aarde saam om die skade wat EMR veroorsaak te verminder en ‘n gesonder lewe vir almal te verseker.
Mensgemaakte EMR is die enigste gevaar wat elke vierkante sentimeter van die aarde se oppervlak elke oomblik van die dag bereik, en wat mense, diere, insekte en plantlewe skade aandoen. Ons gedwonge blootstelling aan elektromagnetiese besoedeling word veroorsaak deur militêre owerhede en nywerheidsbelange. Die uitwerking daarvan op gemeenskappe, mense se gesondheid en die omgewing is verwoestend. Daar is verskillende bronne van bestraling, wat wissel van mikrogolwe tot radiofrekwensie-bestraling en ultra-lae frekwensie bestralingsvelde. Hulle sluit in:

  • Sogenaamde “slim” gebruikersvelde, meters en implemente;
  • Koordlose internet (wi-fi), wi-max en hul infrastrukture;
  • Selfone en die antennestukture op maste, dakke van geboue en in “vermomde” strukture soos kunsmatige bome om die selfone te bedien;
  • Koordlose telefone en hul basisstasies;
  • Lekkasies by mikrogolfoonde;
  • Radiomonitors by babas en kinderspeelgoed wat radiofrekwensie-golwe uitsaai;
  • Mediese toestelle wat radiofrekwensie-golwe uitsaai;
  • Radiofrekwensie-identiteitsplaatjies wat in mense, diere, verbruikersprodukte en in identiteits- en kredietkaarte ingeplant word;
  • Direkte-energie en ander elektromagnetiese wapens;
  • TV-, radio- en satellietuitsaaiings;
  • Radar en sonar;
  • Die elektriese kragnetwerk, implemente en internetbandwydte op kragkabels (“broadband over power lines BPL); en
  • Buisligte, wat ook kompakte buisligte insluit;

Hoewel sommige mensgemaakte bronne van EMR valslik as “groen” en skadeloos bemark word, het hulle almal op hul eie skadelike biologiese en gesondheidsgevolge. Die uitwerking daarvan word algaande veel erger deur langdurige blootstelling daaraan of wanneer daardie bestraling met bykomende bronne van EMR soos toksiese chemiese middels of metale vermeng word.
Die vlakke van mediumgolf-bestraling in stedelike gebiede kan tot ‘n triljoen maal hoër wees as die natuurlike vlakke wat algemeen voorkom.
Elektromagnetiese golwe is deel van die lewe. Onversteurde elektriese seine en prosesse vorm ‘n noodsaaklike deel van ons omgewing – van die simbiotiese balans in ekosisteme in die natuur tot die gesondheid van ons liggaamselle en interne organe, veral die hart en brein.
Alle skepsels op aarde ervaar ‘n aangename gevoel vanweë die Schumann resonansies in die aarde se elektromagnetiese veld en ander natuurlike velde, maar dit word nou oorheers deur mensgemaakte EMR.
Wetenskaplike en beleids- en regskundiges wat duisende navorsingstudies bestudeer het, waarsku oor die gevaarlike onmiddellike en langtermyngevolge van bestraling, en hulle vra dat blootstelling aan die bestraling beperk word.
EMR-Aksiedag bied steun aan mense en gemeenskappe wat ly weens bestraling, asook inligting oor die bronne van die bestraling, die uitwerking daarvan en oplossings daarvoor.
Skadelike EMR sluit ook in bestraling weens kernkragstasies en kernwapens. Ons vra dringend dat blootstelling aan alle soortgelyke bronne van bestraling, waaronder mediese toetse, behandeling en mediese afval, verminder word.
Die EMR-Aksiedag stel alternatiewe voor vir veiliger en laer energieverbruik, waaronder harde kabels en optiese veselkabels in huise, skole en die werkplek; omhulsels wat uitstraling beperk; en veilige “Wit Sones” en ander EMR-vrye oplossings.
Ons praat met mense om hul blootstelling aan EMR tot die minimum te beperk en hulle weer in pas met hul natuurlike bioritmes te bring. Deur ons juridiese en wetgewende aksies, ‘n mediastrategie en kunstenaars- en ander skeppende inisiatiewe wil ons die mensdom beskerm en elektromagnetiese harmonie op die aarde herstel.
Ons strewe na oplossings waarby almal baat sal vind.